Haas F1-span

Romain Grosjean toets 'n renmotor van Haas in 2016 by die Barcelona-Catalunya-renbaan.

Die Haas F1-span behels die Formule Eenwedrenbedrywighede van die Haas-firma. Die span se ontwikkeling- en fabriekswerke is in Kannapolis in Amerika gesetel, maar hulle het fasiliteite vir wedrenvoorbereiding in Banbury, Verenigde Koninkryk asook Maranello, Italië.

Haas F1 Racing het in 2016 as 'n selfstandige span begin deelgeneem aan Formule Eenwedrenne. Ferrari verskaf en ondersteun tans die span met spesiaalontwerpte en doelgeboude renmotorenjins.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search